Oor die uuitgewers

Ons pogings word onderskryf deur deskundigheid en genot in die gebruik van natuurlike hulpbronne © Adrian Lombard
Ons pogings word onderskryf deur deskundigheid en genot in die gebruik van natuurlike hulpbronne © Adrian Lombard

Hierdie webtuiste is 'n produk van die International Union for Conservation of Nature. Die IUCN is in 1948 gestig en daar is tans 84 lidstate tesame met 1100 nie-regerings organisasies (NGOs). IUCN is die enigste Internasionale Waarnemer organisasie in die UN Algemene Vergadering met spesifieke kundigheid oor biodiversiteit, natuurbewaring en die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne.

 

Die teks van hierdie webtuistes was ooreengekom in Engels en daarna vertaal deur 500 kundiges vir Volhoubare Benutting an Bestuur van Ekosisteme in die IUCN se Kommissie vir Ekosisteembestuur, een van ses Kommissies. Kennis was ingewin met die hulp van 'n sustergroep oor Volhoubare Benutting en Lewensbestaan wat 'n gesamentlike initiatief is van die Spesies Oorlewingskommissie (welbekend vir die Rooilyste) en die Kommissie oor Omgewingsekonomie en Sosiale Beleid. Die satelliet tuistes in ons netwerk van kennis word beheer deur IUCN kundiges in the streke en lande van belang.

 

Ons hoop dat die lees van hierdie tuiste jou sal help om die natuurlike omgewing te verstaan, asook die spesiale bydrae van die verskillende groepe mense wat wêreldwyd interaktief met natuurlike wesens verkeer. Ons koppel jou ook in jou eie taal met ander tuistes wat inligting en agtergrondinligting voorsien oor hierdie onderwerpe waar jy bly. Laat asseblief jou gedagtes gaan oor die goeie nuus van die vooruitgang in bewaring sodat die idees en pogings wat reeds baie susksesvol was, verder versprei kan word. Neem asseblief hierdie kennis wat oor die wêreld versamel is en pas dit toe op jou eie situasie.

Die doel van die temas op hierdie baldsye is om aan te moedig: