Oplossing van probleme

Versigtige politiek is in die algemeen beter as uiterstes net soos wilde hulpbronne wat voordeel trek uit geleidelike veranderinge by habitat grense  © Lauri Kovanen
Versigtige politiek is in die algemeen beter as uiterstes net soos wilde hulpbronne wat voordeel trek uit geleidelike veranderinge by habitat grense © Lauri Kovanen

Ondervinding mag mense leer dat demokrasie 'n beter manier van bestuur is as autokrasie. Ook om politici te vermy wat konflik voorstaan of wat ekonomies selfsustig of onbevoeg is; so moet mense ook leer hoe om die rykdom van die natuur te bewaar. Soos in alle menslike sake is balans en verdraagsaamheid meer geneig om te werk as ekstremisme. Met die grootste deel van die aarde wat nou tot 'n sekere mate deur mense bestuur word, lyk dit of die natuurrykdom die beste sal oorlewe as hulle voordele wyd waardeer word, nie slegs deur plante te eet en na nutuurfilms te kyk nie, maar ook om die geselskap van ander diere te geniet en, waar prakties, soos hulle kos te soek. Dit lyk ook of dit wys is vir mense om te verstaan hoe ingewikkeld dit kan wees, beide sosiaal of ekologies, om die natuurrykdom te bestuur saam met die kweking van oeste. Hierdie kennis van die dubbele bestuur moet na gemeenskappe in ander plekke versprei word.

Spesies wat nie welkom is nie

Europese jagters kan saamsnoer om regerings te help
Europese jagters kan saamsnoer om regerings te help

Spesies word soms ingebring in areas waar hulle nie natuurlik gevestig het nie, beide doelbewus of as 'n fout. Hierdie uitheemse spesies is moeilik om te bestuur as hulle vinning en ongemerk versprei (bv. spesies wat in water voorkom, insluitende plante). As hulle skade aanrig aan ekosisteme moet hulle verwyder word. In diepte kundigheid hiervoor is ontwikkel in Oseanië. Plaaslike inwoners, veral jagters en hengelaars, kan waarnemer tyd en organisasies ter plaatse bydra wat waardevol is in verwyderingsveldtogte. Vir sulke veldtogte om sosiaal volhoubaar te wees, moet die publiek onmiddellik die voordele sien asook hoe die spesie wat ingebring is op 'n menslike manier verwyder word.

Bestuur van roofdiere en plae

Dis soms moeilik om muise uit voedselstore te hou © Torook/Shutterstock
Dis soms moeilik om muise uit voedselstore te hou © Torook/Shutterstock

Dieselfde sosiale beperkings geld vir die bestuur van roofdiere en plae. Bestuur is soms nodig om menselewens en eiendom te beskerm asook lewensbestaan waar mense meeding met ander spesies om oeste te eet of om die natuurlewe volhoubaar te benut. 'n Aantal verenigings dwarsoor die wêreld hou aan om op die tradisionele manier die natuurlewe te beskerm deur probleem spesies te verdra en deur kulturele skakeling wat help dat hulle voortbestaan. Op ander plekke mag modifisering ekosisteme ernstig laat kantel ten gunste van algemene roofdiere wat die risiko van uitsterwing van prooi, soos voëls wat op die grond nes maak, verhoog tensy predasie bestuur word. Selfs waar spesies nie verdra word nie sal die verkose bestuur wees om roofdier- en plaepopulasies vir menslike en ekonomiese redes te verminder of af te skrik. Alternatiewelik lok die vermindering in roofdier- en plaepopulasies baie keer teenkanting uit van mense wat die bekerming van individuele spesies prioritiseer. In sulke omstandighede is dit baie belangrik vir enige bestuur om gevestig te wees op robuuste wetenskap en vir sekere beskerming om behou te word. Byvoorbeeld kan sonering gebruik word om populasies van die spesie ter sprake te beskerm in gebiede waar hulle nie probleme veroorsaak nie. Die totale verwydering van spesies (uitgesonderd patogene) is gewoonlik nie aanvaarbaar in moderne gemeenskappe nie. Aan die ander kant kan die natuurlike herkolonisering, of doelbewuste vestigings, die behoefte skep om populasies weer te bestuur.

Oplossings wat op die natuur gebasseer is

Die verbetering in verbindings vir bosveld diversiteit en vloedbeskerming vir groeiende nedersettings © IUCN
Die verbetering in verbindings vir bosveld diversiteit en vloedbeskerming vir groeiende nedersettings © IUCN

Natuurgebasseerde Oplossings is 'n benadering vir die beskerming en volhoubare bestuur van natuurlike en veranderde ekosisteme op maniere wat voordele inhou vir menslike welstand en die biodiversiteit. Byvoorbeeld, die koste om die gesondheid van veiland-ekosisteme te herstel kan minder wees as die koste om water wat afkomstig is van beskadigde sisteme te suiwer, veral as voordele soos ontspanningswaarde van die sisteme wat herstel is bygereken word. Oplossings kan in grootte wissel van groot en langtermyn, soos herbebossing om koolstof te bewaar en om vloede te verminder, tot klein en korttermyn soos om stroke plantegroei te vestig vir roofinsekte langs oeste wat die prooi van sulke insekte sal eet. Oplossings sluit metodes in wat voordele inhou vir ekosisteme in teenstelling met individuele organismes of selfs populasies. Byvoorbeeld om aalwurms te gebruik in teenstelling met gifstowwe om slakke te verwyder. Dit verhoed nie net die vergiftiging van diere wat slakke eet nie, maar ook die besoedeling van water wat weer kostes vir water maatskappye inhou.