Ons moet aardverwarming verminder

 
Wêreldwye vlakke van koolstofdioksied en die lugtemperatuur styg jaar na jaar bo die vlakke van voor die industriële ontwikkeling. © Creative Commons.
Wêreldwye vlakke van koolstofdioksied en die lugtemperatuur styg jaar na jaar bo die vlakke van voor die industriële ontwikkeling. © Creative Commons.

Ons planeet word warmer. Sekere verwarming is te wagte as gevolg van die geleidelik groterwordende son en in klein veranderinge in die aarde se wentelbaan. Sulke gevolge kan verwag en voorspel word, maar kan nie die versnelde verwarming wat ons nou ondervind verklaar nie. Hierdie verwarming het versnel soos menslike industrië en reis ontwikkel het. Dit sluit aan by 'n ander voorspelling wat 150 jaar terug deur 'n Sweedse wetenskaplike gemaak is wat aandui dat sekere gasse die atmosfeer kan toelaaat om meer van die son se hitte vas te vang. Die skokkende toename in die temperatuur oor die laaste 70 jaar kan verklaar word in die toename van 'kweekhuisgasse', waarvan koolstofdioksied en metaan die volopste is.

 

Vir die Klimaat ook?6

Twaalf jaar van verkleining in die Noorweegse Briksdal gletser wat die meer slegs 'n dekade gelede bedek het.  © Mateusz Kurzik/Oleg Kozlov/Shutterstock
Twaalf jaar van verkleining in die Noorweegse Briksdal gletser wat die meer slegs 'n dekade gelede bedek het. © Mateusz Kurzik/Oleg Kozlov/Shutterstock

Die styging in die aarde se temperatuur het twee invloede. Die meer gelydelike invloed is die smelting van die ys in die poolstreke. Die gletsers in Antarktika en Groenland smelt en vloei vinniger. Stukke ys wat die land bedek breek af om in die see te smelt en daardeur word seevlakke reg oor die wêreld verhoog deur ongeveer 'n meter hierdie eeu. 'n Vinniger invloed is die verandering in klimaat wat geassosieer word met veranderinge in die see se temperatuur en in weerpatrone wat deur die see temperature beinvloed word. Meer water verdamp in die atmosfeer in van die warmer see. Veranderinge in weerpatrone veroorsaak ook meer reën en storms as gewoonlik. In teenstelling ondervind ander areas langer tydperke van droeë weer en 'n tekort aan gestoorde water.

Wat gebeur wanneer die klimaat verander

Vloede in Tailand © Atikan Pornchaprasit/Shutterstock
Vloede in Tailand © Atikan Pornchaprasit/Shutterstock
 

Menslike populasies het groot geword danksy die ontwikkeling van landbou oor verskeie milennia van matige weer. Die styging in wêreldwye temperature bedreig egter die mensdom en natuur op vier maniere: vloede, brande, hongersnood en siektes. Vloede word vererger deur stygende seevlakke in laagliggende gebeide asook swaar reën wat grond elders wegspoel. Lang periodes van droogtes maak plantegroei meer geneig om uit te droog en te brand tydens onbeheerde brande. Droogtes en vloede affekteer die plantegroei as kos vir mense en ander diere wat hongersnodd veroorsaak wat vererger word deur die tekort aan drinkwater. Beide hierdie invloede maak plante en diere ook vatbaar vir tropiese siektes wat na die pole versprei in die nuwe warmer klimaat.

Veldbrande in die VSA © ARM/Shutterstock
Veldbrande in die VSA © ARM/Shutterstock

Die koolstofdioksied vlakke styg met die verbranding van fossiel brandstowwe, insluitende olie en gas. Al sou ons ophou om hierdie brandstowwe te verbrand sal die huidige geleidelike toename in temperatuur baie dekades neem om om te keer. 'n Groter gevaar is dat die toename in temperatuur 'n vlak sal bereik waar dit kantel en baie moeilik is om om te keer. Dit maak ons baie bekommerd oor die verwoesting van groot dele van die tropiese woude. As ander bosveldstreke verlore gaan as gevolg van brande en droogtes, moet plaaslike gemeenskappe trek. Meer mense sal verplaas word as die toename in seevlakke strorms help om kusstede te oorstroom. Kan sulke verplasings die risiko loop om internasionale aandag af te lei van oplossings vir klimaatsverandering, natuurbewaring en ons eie oorlewing?

Wat kan ons doen?

Nuwe huishoudelike energiebronne in Europa en Afrika © Hecke61/MrNovel/Shutterstock
Nuwe huishoudelike energiebronne in Europa en Afrika © Hecke61/MrNovel/Shutterstock

Daar is natuurgerigte oplossings om die oseane, grond en die plantegroei te help om meer koolstof op te neem. Die aanplant van bome genereer nuwe gronde baie meer geleidelik op 'n wye vlak. Dit skep ook meer geleenthede om koolstof te stoor as hout in geboue. Metodes om grondvog te herstel deur die herstel van ekosisteme, veral in veengronde, nuwe bosveld en herstellende landbou, kan baie help. Daar is ook ontwerpte oplossings. Elektrisiteit wat deur sonkrag en wind opgewek word kan fossiel brandstowwe vervang om krag te voorsien aan huise, industrië en vervoer veral as ons metodes kan vind om energie te stoor vir kalm periodes en in die donkerte. Noordelike lande moet meer volhoubare lewenstyle aanvaar. Hulle moet ook suidelike lande help met hierdie oorskakeling aangesien ons almal dieselfde planeet deel. Wat ons ook al doen moet ons vinnig optree voor enige kantelvlakke bereik word.