Natuurlewe en menslike gesondheid

Kunswerk van 'n COVID-19 virus onder 'n elektronmikroskoop. © Shutterstock/Midnight Movement
Kunswerk van 'n COVID-19 virus onder 'n elektronmikroskoop. © Shutterstock/Midnight Movement

Die natuurlewe dra by tot voedselsekerheid en die lewensbestaan van baie plaaslike gemeenskappe in die wêreld. Dis is egter belangrik om vleis te eet wat velig is vir menslike gesondheid, sowel as om volhoubaar te wees vir dierepopulasies. COVID-19, soos Ebola, word veroorsaak deur 'n virus wat na mense oorgedra is vanaf ander diere. COVID-19 het waarskynlik in vlermuise ontstaan en mag ander diere aangesteek het voor mense. Virusse en bakterieë is tydens ons evolusie na mense oorgedra vanaf ander spesies. Tydens evolusie het dit soms tot voordele gely. Van ons selle was dus aanvanklik onafhanklike bakterieë. Hierdie aanpassingsprosesse kan egter stadig en gevaarlik wees.

Die risiko om van COVID-19 te sterf is die hoogste onder mense van 60-70 jaar oud. Pogings om lewens te red het die mediese dienste in lande met gevorderde ekonomieë onder druk geplaas en is ook besig om dieselfde te doen in opkomende ekonomieë. Daar sal gevolge wees vir bewaring. Een gevolg sal die wydverspreide skade aan lewensbestaan wees en mense wat kompenseer deur meer hulpbronne te gebruik, baiekeer nie volhoubaar nie. Daar mag egter ook voordelige invloede wees vir Klimaatsverandering deur mense wat leer om meer van die huis af te werk en minder fossielbrandstof gebruik om ver te reis.

 

Oplossings wat verduur kan word

Primate is goed om dop te hou en gevaarlik om te eet. © Shutterstock/Julian Popov
Primate is goed om dop te hou en gevaarlik om te eet. © Shutterstock/Julian Popov

Daar is stappe om nou of in die toekoms te neem. Ons moet baie ernstig daaraan dink om skade aan die omgewing of onsself te verhoed. Byvoorbeeld sal sommige mense sê dat COVID-19 'n rede is waarom mense nie ander diere moet eet of met hulle assosieer nie. Mense het egter oor milennia aangepas by virusses en bakterieë vanaf wilde en makgemaakte diere. Ons liggame bevat mikro-organismes wat meesal voordelig is vir ons. Ons assosieer met diere wat ons ookal doen, van maaiers in die grond waarop kindertjies kruip tot voëls en soogdiere wat ons huise besoek. Desnieteenstaande moet enige kos wat ons uit die natuur benut gesond en volhoubaar wees.

In hierdie verband moet ons veral versigtig wees met spesies wat naverwant is aan ons. Waar epidemiese siektes gewoonlik nie 'n oorsprong het by koudbloedige diere soos visse en reptiele nie, is ons risiko hoog vir siektes wat oorgedra word deur primate en vlermuise. Dit is wys om nie primate te eet nie on om kontak met vlermuise en hulle uitskeidings te vermy. Dit is dwaas, sowel as onmenslik, om lewendige wilde diere na voedselmarkte te bring. Moet ons egter ons assosiasie met ander spesies by wie ons reeds aangepas het, of wat nie 'n siekte risiko inhou nie, verbied? Nee. Dit sal ook dwaas wees veral wanneer gereguleerde en volhoubare benutting mense aanmoedig om saam met die spesies te leef en hulle ekosistemete beskerm. Bowendien is dit 'n tyd waartydens skade aan die ekonomieë druk plaas vir ontwikkelings wat skade aan die omgewing mag aanrig. Ons natuur benodig alle ondersteuning wat dit kan kry van mense wat die produkte van 'n gesonde ekosisteem waardeer.

 

Onmiddellike oplossings

COVID-19 haat seep!  © Shutterstock/Red Confidentia
COVID-19 haat seep! © Shutterstock/Red Confidentia

Die mees onmiddellik belangrike ding is om nie die virus oor te dra deur ander mense aan te steek nie. Kennis van COVID-19 biologie dui vir ons aan dat die virus nie versprei kan word tussen mense deur klam oppervlaktes of in waterdruppels nie, dit sterf plaaslik uit. Dus moet elkeen van ons:

• 'n Afstand te behou tussen mense om kontak te verminder met die virus in druppeltjies wat hulle uitasem;

• Nie te reis of in groepe bymekaar te kom nie wat beide die risikos verhoog.

Dra 'n masker wanneer omring deur baie mense in geboue of groepe;

• hande was en oppervlaktes ontsmet om die oordraging van die virus te voorkom na oë, neuse en monde;