Ons Missie

Naturalliance is daar om mense te lei om die natuur te herstel en om haar rykdomme en dienste te onderhou waar hulle ook al woon.

 

Die Aarde se ekosisteme en hulle hulpbronne.

Die aarde se opkoms soos gesien vanaf Apollo 8  tydens maanwenteling © NASA
Die aarde se opkoms soos gesien vanaf Apollo 8 tydens maanwenteling © NASA

Verbeel jou die aarde is 'n sokkerbal wat vasgehou word tussen jou uitgestrekte hande. Die ekosfeer, die laag wat lewe bo en onder die grondoppervlakte en water onderhou, is die dikte van 'n vingernael! Die brose ekosfeer bevat 'n pragtige mosaik van ekosisteme, saamgestel uit plante, diere en ander organismes, met die grond, water en lug wat hulle onderhou. Ons is deel van hierdie ekosisteme wat woude, berge, grasvelde, woestyne, mere, riviere en die see insluit. Ons is afhanklik van die gesondheid en hulpbronne van die aarde se ekosisteme om ons te onderhou.

Organismes binne die ekosisteme

Die Grys Patrys, 'n vlagskip van gesonde plaasbestuur © Matej Vranič
Die Grys Patrys, 'n vlagskip van gesonde plaasbestuur © Matej Vranič

Verbeel jou nou daar is 'n klein populasie van organismes (plante, diere, swamme of ander mikro-organismes) in 'n ekosisteem met 'n oorvloed van kos en habitat. Daar is ook min of geen predasie, siektes, parasiete of ander vorme van mortaliteit nie. Eksperimente wys dat so 'n populasie sal groei. Die tyd wat dit neem om te vermeerder varieer met die grootte van die organismes, met bakterieë wat kan verdubbel binne minute, maar vir olifante kan dit tot 'n dekade of meer duur. Populasies van baie kleiner diere en plante kan verskeie kere binne 'n jaar toeneem. Sulke populasies bereik uiteindelik die limiete van beskikbare hulpbronne en stort dan in duie deur verhongering. Die populasies van volwasse plante en diere groei meesal nie so nie. Ongelukke, predasie en siektes neem gewoonlik van die jonges wat kan bydra tot populasiegroei en 'n paar sterf van honger. Nog minder van hulle bereik 'n 'hoë ouderdom'. Hierdie sterftes voorsien voeding vir ander organismes in die ekosisteem, insluitende ons.

Ons impak op ekosisteme.

Mense het vir baie duisende jare as jagter-versamelaars gelewe voor ons geleer het om diere mak te maak en om oeste te kweek. Landbou het wydverspreid begin voorkom na die laaste ystydperk wat 'n stabiele voedselbron teweeggebring het. Dit het toegelaat dat menslike nedersettings kan ontwikkel en vooruitgaan, wat die ontwikkeling van stede toegelaat het. Menslike populasies het dramaties gegroei wat baie skade aan ekosisteme en die klimaat aangerig het. As dit verby sekere kritiese drempelwaardes ontwrig word kan ekosisteme ophou om effektief te funksioneer wat 'n problematiese impak kan hê op die mens se vermoë om 'n bestaan te kan maak sowel as ander aspekte van die natuur. Op die platteland mag ons aktiwiteite lei tot die plaaslike oorbenutting van wilde spesies as sisteme nie behoorlik bestuur word nie. In die stede is ons afhanklik van landbou ekosisteme op ander plekke vir intensiewe hulpbronproduksie. In die moderne wêreld verstaan net enkele mense die prosesse wat betrokke is, en wette wat gemaak word deur die stedelike meerderheid is baie keer nie populêr by gemeenskappe in die platteland nie. Met die menslike populasie nou op ongehoorde vlakke is dit moeilik om beskadeginde impakte op die kapasiteit van ekosisteme te vermy sonder 'n doelgerigde en ingeligde benadering wat beide die wetenskap en praktiese kennis insluit.