Bestuur vir natuurlike hulpbronne

Die tradisionele kennis van die Inuit (inheemse mense van die Arktiese gebied) het gehelp om die misterie van Franklin se ongelukkige Arktiese ekspedisie op te los © WikiCommons
Die tradisionele kennis van die Inuit (inheemse mense van die Arktiese gebied) het gehelp om die misterie van Franklin se ongelukkige Arktiese ekspedisie op te los © WikiCommons

Regeringsbestuur is hoe die menslike samelewing hulle sake bestuur. Dis egter nie net bestuur van bo af nie. Behalwe waar daar 'n diktator aan bewind is benodig sulke bestuur algemene instemming wat ingelig sal word deur kennis gebasser op wetenskap en/of ondervinding. 'Tradisionele Kennis' ontwikkel deur langdurige waarneming van die natuur wat omgeskakel word in bestuurspraktyke deur mense wat gebiede vir eeue bestuur en met empatie vir plaaslike motiverings. Dit is moeilik om hierdie holistiese kennis te herhaal en dis daarom 'n baie belangrike bron. Die 'Moderne Wetenskap' wat waarnemings oor gebiede vergelyk, en wat ook eksperimente doen, kan bewysstukke vinnig bymekaarmaak en dis belangrik ten tye van verandering. Aanpasbare bestuur kan help om besluite toe te lig deur te leer van wat werk, en wat nie, in 'n gestruktureerde manier.

Seevoëls word bedreig deur besoedeling, klimaatsverandering, oorbenutting van visbronne en deur by-vangs © Marina Rosales Benites de Franco
Seevoëls word bedreig deur besoedeling, klimaatsverandering, oorbenutting van visbronne en deur by-vangs © Marina Rosales Benites de Franco

Die IUCN het 'n proses om die status van spesies te definieer wat wêreldwyd aanvaar word, gebasseer op populasiegroottes en die tempo van afname. As daar geen konsekwente bewys is van afname wat gebasseer is op goeie data nie, is 'n spesie van 'Minste Kommer' (Least Concern), maar 'n volwasse populasie wat vinnig halveer wanneer dit met sy lewensduur vergelyk word (tipes binne twee dekades vir voëls), is Bedreigd (Endangered). As metodes gevind kan word om die redes vir afname om te keer, kan alle populasies, behalwe van die grootste spesies, relatief vinnig verdubbel en selfs groei. Twee metodes is deur die owerhede gevind om die afname in spesie-populasies om te keer: straf en beloning

Beskerming en straf

Vroeë DNS forensiese ontledings het bloed benodig, maar nou word slegs baie klein monsters benodig © Anatrack Ltd
Vroeë DNS forensiese ontledings het bloed benodig, maar nou word slegs baie klein monsters benodig © Anatrack Ltd

Die IUCN het ook kategorieë van beskermde gebiede wat varieer van gebiede waar die meeste menslike aktiwiteite toegelaat word, tot gebiede waar toegang beperk word. Die beskerming van spesies verskil ook in intensiteit, van die wat slegs toegepas word tydens teelseisoene tot die verbod op die doodmaak sonder enige uitsonderings; 'diereregte belange' strewe ook daarna om die aanhou van diere te verbied. Wetgewing oor beskerming slaag slegs as dit publieke ondersteuning het en as oortredings maklik opgespoor kan word, met DNS forensiese ontledings as voorbeeld. Beskerming is minder effektief as spesies opmerklike skade aan plaaslike gemeenskappe aanrig, veral as oortredings maklik versteek kan word. Drakoniese beperkings en straf, veral die wat nie oortreders afskrik as die risiko om opgespoor te word laag is nie, mag plaaslike gemeenskappe vervreem.

Belonings en herstel

Die sertifisering van wilde plante deur die FairWild initiative © Traditional Medicinals Inc
Die sertifisering van wilde plante deur die FairWild initiative © Traditional Medicinals Inc

Waar diere probleme veroorsaak sal sekere bestuur die ondersteuning van plaaslike mense wen. Die onderhoud en herstel van ekosisteme benodig plaaslike pogings oor lang tydperke. Wette kan nie die pogings wat benodig word afdwing nie en beperkings op bestuur kan ook hierdie pogings keer. As wilde spesies egter waarde het, en as hulle volhoubaar benut kan word om 'die behoeftes en aspirasies van huidige en toekomstige geslagte' aan te spreek sal gemeenskappe hulle beskerm tensy die oprigting van heinings en boerdery beter betaal.Vir die beskerming van problematiese spesies werk beloning beter as dwang. Die verkryging van vleis en die verkoop van waardevolle jagregte kan 'n groot beloning wees. So ook met die besigtiging van die natuurlewe waar toerisme plaaslike waarde kan toevoeg sonder om ekosisteme te beskadig. Ander belonings vir bewaring is staatsbetalings vir rentmeesterskap en pryse vir die beste bestuurspraktyke. Dit is ook goed om natuurlike produkte te gebruik met sertifikate wat wys dat hulle gebruik volhoubaar is. Die nuutste hoof internasionale ooreenkoms vir natuurbewaring, die Konfensie oor Biologiese Diversiteit, noem volhoubare benutting vyf keer meer as wat dit beskerming noem.

Aanpasbare bestuur

Goeie bestuur moet aanpas by veranderinge in omstandighede en nuwe getuienis. Byvoorbeeld, 'n spesie wat volop genoeg is om volhoubaar benut te word kan skaars word en bewaring benodig, maar net tot dit weer volop word sodat die voordele van volhoubare benutting weer kan motiveer vir die bewaring van sy ekosisteem. Mense op ander plekke mag die hernude gebruik van die spesie teenstaan as die spesie 'n ikoon geword het vir bewaring of toerisme of as geld gemaak word deur die teling vir huishoudelike gebruik. Daar mag eise wees vir beperkings en in diepte monitering wat plaaslike mense nie kan doen sonder hulp nie. Nietemin het mense wat die grondgebied waar hulle woon koester en bestuur meer praktiese kundigheid om 'hulle' natuur die beskerm as hulle versigtig gelei word, in teenstelling met hulle wat probeer om ander mense se natuurlewe te beskerm. Goeie bestuur gaan oor die opstel van wette wat bewaring voorstaan deur die beste praktyke en wat plaaslike bevolkings in staat stel om volhoubare voordele te trek. Die Raad van Europa het sekere handveste aangeneem wat hierdie beginsels oproep; die Konvensie op die Bewaring van Migrerende Spesies het gepoog om hulle in sy Roofvoël MvV toe te pas.