Menslike gebruik van die aarde se ekosisteme en hulle hulpbronne

Voordele en bedreigings van ekosisteme

'n Oes uit die see © Anatrack Ltd
'n Oes uit die see © Anatrack Ltd

Hoekom dink jy die natuur is belangrik? Is dit omdat jy afhanklik is van die natuur vir jou lewensbestaan soos mense in die landelike gebiede van sekere lande? Hou jy daarvan om wilde vrugte en swamme te versamel of op verskillende maniere te jag en vis te vang? In sekere lande word kos hoofsaaklik uit winkels verkry, maar in die algemeen het meer as 'n derde van die mense sterk tradisies om kos uit die natuur te versamel. Miskien hou jy net daarvan om na wilde diere te kyk, miskien terwyl jy stres ontlaai of oefen? Indien wel, maak jy gebruik van die produktiewe en kulturele dienste van ekosisteme. Vure, vloede en die uitbrake van peste in oeste of huise is geneig om die reultaat te wees van beherende dienste wat beskadig is. Almal is afhanklik van ekosisteem prosesse wat skoon lug, skoon water en 'n gematigde klimaat onderhou.

Ekosisteem impakte deur mense

Nywerhede mag die atmosfeer, grond en water besoedel © Hramovnick/Shutterstock
Nywerhede mag die atmosfeer, grond en water besoedel © Hramovnick/Shutterstock

Wanneer ons ekosisteme vir ons eie voordeel verander, mag daar negatiewe impakte wees. In vrugbare gebiede mag grasvelde, woude en selfs vleilande omgeskakel word na landerye met mono-kulture wat veroorsaak dat plantegroei wat 'n belangrike tuiste is vir natuurlike spesies verwyder word. Dit sal lei tot 'n afname in grondvrugbaarheid. In areas wat ongeskik is vir intensiewe boerdery, mag plaasdiere die wilde diere vervang, met verdere veranderings deur die verwydering van roofdiere en toenemende weidingsdruk op die plantegroei. In minder vrugbare of toeganklike gebiede soos die toendra, vleilande of woestyne kan verhoogde ontspanningsgebruike negatiewe impakte hê. Dit laat min werklike wildernis oor. Selfs sonder die doelbewuste negatiewe impakte van plaaslike of besoekende gemeenskappe of mense kan die wêreldwye verspreiding van plastiek of ander besoedelingstowwe afgeleë gebiede bereik of klimaatsverandering meebring. Ander algemene probleme kom voor deur die onbewustelike oordraag van siektes en die vrylating van organismes wat meer bestand is as die wat reeds daar voorkom. Al hierdie probleme mag die dienste verminder wat ekosisteme lewer aan mense en die ander organismes waarmee ons ons wêreld deel.

Bestuur van menslike impakte op ekosisteme

Wanneer probleme voorkom ontdek plaaslike gemeenskappe hulle gereeld en spreek hulle aan deur koste-effektiewe restorasie. 'n Reeks vaardighede word benodig om ekositeem dienste te bestuur, insluitende die praktiese pogings van plaaslike boere, bosbouers, vissermanne, jagters, mense wat die natuurlewe besigtig, versamelaars en tuiniers met ondersteuning deur wetenskaplikes wat meesal befonds word deur regerings. Die natuurlike rykdom van ekosisteme kan tot 'n sekere mate herstel word, gegewe genoeg tyd en gunstige toestande. Sekere fasette soos plantegroei en klein organismes soos insekte en kleiner diere kan in baie gevalle nogal vinning herstel word; alhoewel volwasse woude dekades vat om te herstel, en volwasse bogrond kan eeue vat om weer aan te vul. Vir leiding, en om sulke werk in staat te stel, moet wetenskaplikes en regerings verstaan hoe om die pogings van plaaslike gemeenskappe aan te moedig en te ondersteun. Plaaslike gemeenskappe kan aangemoedig word om by te dra tot bewaring en om hulle kennis te deel in ruil vir beperkte en volhoubare benutting van die hulpbronne wat verreik word.